Verbode Stad

Verbode Stad
Plaaslike naam  紫禁城
Land Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China
Soort Kunsmuseum
Keiserlike paleis
Historiese terrein
Streek Dongcheng, Beijing
Oppervlakte 72 ha
Geskiedenis
Bouer Kuai Xiang (argitek)
Tydperk 1406-1420
Kulture Chinees
Unesco-wêrelderfenisgebied
Deel van Keiserlike Paleise van die Ming- en Qing-dinastie in Beijing en Shenyang*
Tipe Kultureel
Kriteria i, ii, iii, iv
Verwysing 439-001
Inskripsie 1987 (11de sessie)
* Naam soos op die Wêrelderfenislys
Verbode Stad
Name (taalvariante)
Tradisionele Chinees   紫禁城
Pinyin Zǐjinchéng
Ander name
(in Mantsjoe)

Die Verbode Stad is ’n paleiskompleks in Sentraal-Beijing, China. Die voormalige keiserlike paleis van die Ming-dinastie tot aan die einde van die Qing-dinastie (1420-1912) huisves nou die Paleismuseum. Die Verbode Stad het amper 500 jaar lank gedien as die woning van die keisers en hul huishoudings sowel as die seremoniële en politieke sentrum van die Chinese regering.

Die kompleks is tussen 1406 en 1420 gebou. Dit bestaan uit 980 geboue[1] en staan op ’n terrein van 72 ha.[2][3] Die argitektuur is tradisioneel Chinees[4] en dit het kulturele en argitektoniese ontwikkelings in Oos-Asië en elders beïnvloed. Die Verbode Stad in in 1987 deur Unesco as ’n wêrelderfenisgebied verklaar[4] en word gelys as die grootste versameling bewaarde antieke houtstrukture in die wêreld.

Sedert 1925 huisves die Verbode Stad die Paleismuseum, waarvan die uitgebreide versameling kunswerke en artefakte gebou is op die keiserlike versamelings van die Ming- en Qing-dinastie. Deel van die museum se voormalige versameling is nou in die Nasionale Paleismuseum in Taipei. Albei museums was deel van dieselfde instelling, maar het geskei ná die Chinese Burgeroorlog. Sedert 2012 besoek gemiddeld 15 miljoen mense jaarliks die Verbode Stad; in 2016 was daar 16 miljoen besoekers.[5]

  1. "故宫到底有多少间房 (How many rooms in the Forbidden City)" (in Chinese). Singtao Net. 27 September 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Julie 2007. Besoek op 2007-07-05.{{cite news}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
  2. Lu, Yongxiang (2014). A History of Chinese Science and Technology, Volume 3. New York: Springer. ISBN 3662441632.
  3. "Advisory Body Evaluation (1987)" (PDF) (in Engels). UNESCO. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2016. Besoek op 25 Februarie 2016.
  4. 4,0 4,1 "UNESCO World Heritage List: Imperial Palaces of the Ming and Qing Dynasties in Beijing and Shenyang". UNESCO. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2020. Besoek op 4 Mei 2007.
  5. "Visitors to Beijing Palace Museum Topped 16 Million in 2016, An Average of 40,000 Every Day". www.thebeijinger.com (in Engels). 3 Januarie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search